fbpx

Raak betrokke

Afrikaans doen nie iets halfgebak nie! Afrikaans 100 het talle inisiatiewe, projekte en kompetisies waarby jy betrokke kan raak of aan kan deelneem. Daar is iets vir besighede, skole, Jan en San Publiek, buitelanders en ook vir jou. Voeg die daad by die woord en doen iets vir Afrikaans!
Reël ’n fees in jou kontrei vir Afrikaans se 100ste verjaarsdag. Die wenidee kry R7 000 kontant.
Roer dit waarvoor ons staan jou hartsnare? Teken en word een van duisende individue en organisasies wat hulle stemme laat hoor vir Afrikaans!
Wie nie waag nie, wen nie! Neem deel aan ons talle kompetisies op die webblad en sosiale media, en wie weet, miskien tree jy én Afrikaans as wenners uit die stryd.
Afrikaans se 100ste verjaarsdag word amptelik in Mei 2025 in die Paarl en Pretoria gevier. Klik hier vir meer besonderhede en om kaartjies aan te skaf.
Gebruik Afrikaans 100 se logo en grafiese ontwerpe met trots op jou sosialemedia- en digitale platforms. Laai dit hier af.
Jy kan een van Afrikaans 100 se amptelike borge word. Gesels gerus met ons projekspan oor borgpakkette.
Afrikaans 100 se medewerkers bied armsvol lekker projekte aan waarby jy betrokke kan raak.
Afrikaans 100 se maandelikse nuusbrief doen verslag oor ons doen en late. Teken in, sodat jy áltyd kan saampraat om die braaivleisvuur!
Afrikaans 100 poog om die grootste verjaarsdagkaartjie in menseheugenis te skep. Klik hier, tik jou verjaarsdagboodskap in die vorm en word deel van Afrikaans se geskiedenis.
Jong, die skole het lekker kreatiewe feesidees, jy moenie dink dis net toutrek en tolletjiebrei nie! Klik hier en deel jou skool se feesviering met die res van die land.
Jou onderneming kan Afrikaans se 100ste verjaarsdag vier deur ’n lekker oorspronklike partytjie te reël. Die wenidee kry R7 000 kontant. Skryf vandag in!
Al woon jy uit die oog, is jy nie uit ons hart nie. Reël ’n makietie met jou bure, kollegas of mede-Suid-Afrikaners, en vier ons taal se 100ste. Vertel ons wat jý gaan doen.

Kontak ons

Vir navrae of net om te gesels, kontak ons gerus.