Vonk Musiek: Afrikaans 100 Treffers
Vonk Musiek: Afrikaans 100-treffers
… en tog die deuntjie draal
Van Kramer tot Zoid, Rauch tot Parow. Een ding is seker: Afrikaanse musiek het ’n skatkis treffers opgelewer.
Afrikaans Amptelik 100, in samewerking met Vonk Musiek, wil nou by jou weet wat jou gunsteling- Afrikaanse liedjie van alle tye is. Vonk Musiek het reeds ’n lys van 100 liedjies opgestel, maar as jou liedjie nie daar is nie, kan jy dit byvoeg. Aan die einde van die dag gaan daar ’n versameling van 150 liedjies op ’n speellys saamgestel word. Die bonus is dat daar R2 000 wengeld op die spel is vir een gelukkige persoon wat hul gunstelingliedjie benoem om op die speellys te kom.
Hoe om in te skryf:
- Volg Vonk Musiek en Afrikaans 100 op Facebook en Instagram. Die skakels is hier te kry: https://linktr.ee/afr100treffers.
- Laai die huidige speellys af op Spotify, Apple Music of YouTube deur hierdie skakel te volg: https://linktr.ee/afr100treffers.
- Stuur jou benoeming vir gunstelingliedjie na Vonk Musiek se WhatsApp-nommer 083 287 2682 of stuur dit per e-pos aan sing@vonk.co.za. Elke voorstel tel as ’n inskrywing wat vir die prysgeld in aanmerking kom.
Die wenner word op 30 September om 12:00 aangekondig op Afrikaans 100 en Vonk Musiek se Facebook- en Instagram-blaaie. Hou ook Vonk Musiek op sosiale media dop vir ander kompetisies.
Die 100 liedjies wat tans op die speellys is, is:
Afrikaners is plesierig – Karen Zoid
Ai, my lam – Ryno Velvet
As ek sing – Rudi en Corlea Botha
Baas vannie plaas – Loufi
Baby tjoklits – Gerhard Steyn
Ballade vir ’n enkeling – Richard van der Westhuizen
Ben Ten – Early B
Boerepompie – Ricus Nel met Snotkop
Boesmanland – Worsie Visser
Cool soos Koos Kombuis – Snotkop
Cooler as ekke – Jack Parow
Dagdrome in suburbia – Francois van Coke met Spoegwolf
Dames – Biggy
De la Rey – Bok van Blerk
Deur die straights – Hugo
Die Gelofte – Adam Tam, Appel, Chris Chameleon, Juan Boucher, Ghapi
Die hemel – Elvis Blue
Die hemel weet – Manie Jackson
Die oukraalliedjie – Groep Twee
Die sluise van die hemel – Robbie Wessels, Bok van Blerk
Dis ’n land – Carike Keuzenkamp
Dorp toe – Fatman
Drie pikkewyne – Jakkie Louw
Ek dink ek mis maar net jou hart – Juan Boucher
Ek lewe – Anneli van Rooyen
Ek sal nie bang wees nie – Joe Niemand
Ek sweer – Twee
Eva – André Swiegers
Feestyd se wysie – Manuel Escorcio en Janita Claassen
Gebed – Koos du Plessis
Gee haar ’n roos – Cora Marie
Geel – Spoegwolf
Getoor – Fredi Nest
Girl van die Klein-Karoo – Jacques de Coning
Groen trui – Jan Blohm
Hardekole – Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk, Refentse
Hie’ kommie Bokke – Leon Schuster
Hillbrow – Johannes Kerkorrel
Hou die hemel oop – Riana Nel
Huisie in die bos – Juan Boucher en Jan Rhaap
Impulsief – Barto
Jan asseblief tog squeeze my – Chris Blignaut
Jan ek kan nie dans nie – Jan Rhaap
Jessica – Ray Dylan
Jy soen my nie meer nie – Lianie May
Kaptein – Kurt Darren
Karolis – Francois Hayes
Karoonag – Coenie de Villiers
Katrina – Wynand Strydom
Kinders van die wind – Laurika Rauch
Klein tambotieboom – Die Heuwels Fantasties
Knieë lam – Eden
Kruidjie roer my nie – Anton Goosen
Leeuloop – Robbie Wessels
Lekkerkry – Zak van Niekerk
Lemoene – Bok van Blerk en Appel
Lenie Blou – Spoegwolf
Lief vir alles hier – André Schwartz
Liefling – Gé Korsten
Liewe Lulu – Blackie Swart
Lisa se klavier – Koos Kombuis
Lyfie – Bernice West
Mis eet slaap herhaal – Demi Lee Moore
Monumentaal – Ruhan du Toit
My vissermanvriend se pa – Robbie Wessels
’n Liedjie vir jou – Jannie du Toit
’n Man soos my pa – Adam Tas
’n Vrou wil dit hoor – Bobby van Jaarsveld
Net die een vir my – Nicholis Louw en Shine 4
Nonna – Appel
Onthou jy om jonk’ – Juan Boucher
Ou ryperd – Dozi
Pampoen – Steve Hofmeyr
Pampoene oppie dak – Anton Goosen
Reisiger – Refentse
Royal Hotel – David Kramer
Ruiter van die windjie – Bles Bridges
Sal jy bly – Theuns Jordaan
Sally William Nougat – Jak de Priester
Sewe oseane – Andriëtte Norman
Sing vir liefde – Karlien van Jaarsveld
Ska-rumba – Juanita du Plessis
Skepe – Jo Black
Skipskop – Sonja Herholdt
Sonvanger – Valiant Swart
Soos bloed – Theuns Jordaan
Spontaan – Riaan Benadé
Sproetjies – Sias Reinecke
Stoksielalleen – David Kramer
Stukkie van der Merwe – Pieter Smith en DJ Ossewa
Toe vind ek jou – Francois van Coke en Karen Zoid
Transkaroo – Herman Holtzhausen
Tussen jou en my – Dozi
Victoriabaai – Lucas Maree
Vier seisoene kind – Gian Groen
Vier woorde – Taryn Lamb
Voshaarnooi – Louis van Rensburg
Vuur op die water – Elandré
Wie se kjênd is jy? – Pieter van der Westhuizen
Word wakker – Jan Blohm