
visie EN MISSIE
VISIE
‘n Inklusiewe feesjaar wat alle Afrikaanssprekendes gelyke geleentheid bied om deel te word van die jaarfees en die belangrikheid van elke Afrikaanssprekende se rol in die voortbestaan van Afrikaans uit te lig.
MISSIE
Ons doel is om meer as 1 000 Afrikaanse organisasies, onderwysinstansies, gemeenskapsgroepe, ondernemings en individue feesdeelnemers te maak en dat elkeen op hulle unieke manier hierdie Afrikaanse mylpaal vier in die voorloop, tydens die fees en/of in die afloop van die feesjaar.
Afrikaans se honderdjarige bestaan as amptelike taal word in die taal se volledige diversiteit en in alle kontekste gevier:
- Deur die ruimhartigheid van Afrikaans op nasionale vlak aan almal wat betrokke wil wees, asook dié wat onverskillig staan, te illustreer.
- Deur almal wat lief is vir Afrikaans te inspireer om die sterkpunte en goeie hoedanighede te vier.
Verder erken en vier ons ook:
- Afrikaans se diversiteit.
- Afrikaans se verskillende maar versoenbare kontekste.
- Die taal se ontstaansgeskiedenis, en alle positiewe mylpale in ‘n groot verskeidenheid omgewings.
- Platforms wat geskep word vir gesonde debat oor die ontstaansgeskiedenis en die toekoms van Afrikaans.
- Afrikaans se toekomsgerigtheid en voortgesette groei.
- Afrikaans se konstruktiewe bydraes tot die Suid-Afrikaanse gemeenskap.
- Die skep en vestig van ‘n handelsmerk vir Afrikaans 100. Ons moedig alle Afrikaanse organisasies, die media, skole, tersiêre instellings en individue aan om die geleentheid op eiesoortige wyse te vier, maar met die gekoördineerde identiteit van Afrikaans 100.
Raak betrokke
Raak betrokke en vier hierdie Afrikaanse mylpaal op jou, jou gemeenskap of jou organisasie se unieke manier.