fbpx

Artikels

Die Feesprogram

Van musiek deur die grootste name in Suid-Afrika, tot kuiers om lang tafels, gedenklesings en ’n muurskildery deur ’n talentvolle jong kunstenaar. Dít is alles op die spyskaart…

Die Burger bylaag

Die Burger het op Vrydag, 28 Februarie ‘n spesiale bylaag oor Afrikaans 100 gepubliseer. Indien jy dit misgeloop het, kan jy dit hier lees.

Ons stel die feesprogram bekend

Die feesprogram is op 27 Februarie by die Iziko Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad bekend gemaak met klank en geur…

Eerste internasionale Namafees

Dis meer as net ’n taal. Dis ’n beweging, ’n hartsgevoel. Met sy wortels stewig in Afrika geplant, is die Namataal ook gebonde aan ’n plek en eiesoortige en merkwaardige mense.

Afrikaans 100 by die Woordfees

Kyk hier na die gesprekke waarby Afrikaans 100 betrokke was by vanjaar se Woordfees op Stellenbosch: 

Huldeblyk aan Prof. Hand du Plessis 

Prof. Hans du Plessis het ’n enorme bydrae tot Afrikaans gelewer. Een van sy oudstudente, Jana Cloete, lewer ’n huldeblyk aan hierdie merkwaardige man wat in Oktober oorlede is. 

Boesmanland-Afrikaans

Boesmanland is ’n dorre streek in die Noord-Kaap met die Oranjerivier in die noorde en ooste, Calvinia in die suide en Namakwaland in die weste as grense. Reën is skaars en die plantegroei is yl.

Dis hoe ons óńśé prate in’ie Boesmanland stane praat

Die skrywer en storieverteller Elias P. Nel skryf oor hoe Afrikaans in Boesmanland gepraat word en deel sy besondere verwerking van Psalm 8.

Afrikaans in Namakwaland

Ek is gebore en het grootgeword in Nababeep, Namakwaland. In Afrikaans, want Engels was selde daar gehoor. Namakwalanders is in die algemeen baie reguit mense, hulle hou daarvan om hulle sê reguit en sonder veel fieterjasies te sê. Dis ’n harde wêreld, warm en droog, vol klip en sand en jy moet maar baklei vir jou oorlewing.

Erfenis: Wat moet jou nalatenskap wees?

’n Paar skrywers en akademici verwoord wat dit is wat hulle vir die toekoms van ons land, ons taal en die wêreld wil nalaat.

Namakwaland se Afrikaans is so kleurryk soos sy blomme

“Op die groot saaidag van die heelal
het reeds ’n entjie duskant Wupperthal
oor die kaal Noordweste
’n sakkie van die Heer se beste
saad per ongeluk gelek, gelek en uitgeval.” – D.J. Opperman se “Namakwaland”

Erfenisdag: Wat vier ons?

Volgens die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is erfenis onder meer ’n erflating, ’n geskenk en ’n nalatenskap. Dis ’n dag waarop alle Suid-Afrikaners, maak nie saak of hulle komvandaan verskil nie, die land in al haar prag en praal kan vier.

Ons gedeelde erfenis en nalatenskap

Wat sal ons aan ons kinders oordra?

Om Afrikaans te wees, is om inklusief te wees. Dit is ten minste waaroor talle in die Afrikaanse gemeenskap droom, juis omdat dit in 2024 nog nie die werklikheid is nie. Die droom is ook dat hierdie inklusiwiteit deel van die Afrikaanse erfenis sal wees.

Kook en Geniet ’n wenner in San Francisco

In die kombuis van St. Anthony’s is die hoofsjef Annria Rossouw, ’n Suid-Afrikaner wat gereeld haar Kook en Geniet nader trek om duisende maaltye elke dag saam met haar span voor te berei.

Afrikaanse vraestelle:
Kry hier hulp

Die laaste eksamens vir die skooljaar is om die draai en dis tyd om agter die boeke te sit. Hiermee die skakels vir die onderskeie grade se vraestelle

Vonk Musiek: Afrikaans 100 Treffers

Vonk Musiek: Afrikaans 100-treffers
… en tog die deuntjie draal
Van Kramer tot Zoid, Rauch tot Parow. Een ding is seker: Afrikaanse musiek het ’n skatkis treffers opgelewer.

Chester Meyer

Wanneer Griekwa-Afrikaans sing

Chester Meyer is ’n kind van die Karoo en die geskiedenis, en veral die kerkmusiek, van die Griekwas lê hom na aan die hart.

Griekwa-Afrikaans

“Ek slat my twee oge op:
my kyk vang die verste kop
waarvan sal my hulp nou kom? My hulp is van die Jirre, van Hom.”


Die taal is nie dood nie

In die oorsprongverhaal van die Genootskap van Regte Afrikaners, wat op 14 Augustus 1875 in die lewe geroep is, word Afrikaners in ’n drietal kategorieë opgedeel. Die eerste twee, soos Jana Terblanche van Solidariteit se Skole-ondersteuningsentrum… 

Afrikaaps

Kaapse Afrikaans is volgens die taalhistorikus Christo van Rensburg as drie van die soorte Afrikaans (Kaapse Afrikaans, Oranjerivierafrikaans en Oosgrensafrikaans) gevestig, al drie met ’n Nederlandse grondslag, maar elkeen tog met sy eie dialek.

René Arendse
Nasionale koördineerder: Afrikaans 100

Augustus word vroue gevier en vandeesmaand vertel René Arendse, die dinamiese adjunk-koördineerder van Afrikaans Amptelik 100, meer oor die projek. Volg die skakel vir die  onderhoud met René.

Karoo-Afrikaans

In die middel van Suid-Afrika lê daar ’n stuk aarde, ’n halfwoestyn wat ’n groot gedeelte van die suidweste van die land beslaan. Daardie stuk aarde word die Karoo genoem; Karoo van die Khoi-woord wat droog of harde grond beteken…

Afrikaans se wortels en takke

My Afrikaans issie klank vannie Kaapse Vlakte – liewendag en vol weestand, soesie mense self. Is ’n taal van vertel, van opstaan, van resist, van krag gie. ’n Taal wattie stories van ôsse communities echo, ennie lag van ôsse kinnes vashou. Is ’n taal wat…

René Arendse
Nasionale adjunk-koördineerder: Afrikaans 100

Ons staan voor die skryf van ’n nuwe geskiedenis. Hierdie viering merk ’n tyd in die geskiedenis van ons taal waar almal wat haar praat die pen in die hand kan hou en kan begin skryf…

Giep van Zyl
Nasionale koördineerder: Afrikaans 100

Afrikaans se wortels lê natuurlik baie diep. Daar was vele hoogte- en laagtepunte en die taal het ’n unieke pad van wording gestap, met ’n evolusie wat steeds besig is om te ontvou…