fbpx

GEBEURE

Wees deel van al die lekker geleenthede wat ons beplan en bespreek jou kaartjies nou.

GEBEURE

Wees deel van al die lekker wat ons beplan en bespreek jou kaartjies nou.

8 MEI 2025

09:00 tot 11:00

VENUE

Kasteel van Goeie Hoop, Kasteelstraat, Kaapstad

 

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

OPENINGSEREMONIE
Afrikaans het sy eerste treë in die Bo-Kaap gegee en dit is net gepas dat die openingseremonie hier sal plaasvind. Dit gaan ’n feestelike geleentheid wees met Afrikaans, ons mooiste taal, as eregas en met verskeie bekendes en kenners wat saam die spreekwoordelike lint gaan knip.

8 MEI 2025

12:00 tot 13:00

VENUE

Op die hoek van Waal- en Pentzstraat, Bo-Kaap

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

ONTHULLING VAN MUURSKILDERY
’n Ikoniese muurskildery word in die Bo-Kaap geskilder om Afrikaans se eeufees as amptelike taal te vier en ’n simboliese uitbeelding van die reis van Afrikaans na te laat. Hierdie opdragwerk deur ’n talentvolle jong kunstenaar sal toeskouers deur middel van QR-kodes na opvoedkundige platforms lei en die komvandaanstorie van ons taal laat voortleef.

8 MEI 2025

13:00 tot 15:00

VENUE

Cultural Hub,
Pentzstraat 26, Schotschekloof, Bo-Kaap, Kaapstad

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

8 MEI 2025

17:30 tot 20:30 

VENUE

Laborie Wynlandgoed, Tailleferstraat, Laborie Wynlandgoed, Paarl, 7646

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

9 MEI 2025

14:00 tot 16:00

VENUE

Karl Schiefer-saal, Moraviastraat, Genadendal

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

18 MEI 2025

12:00 tot 16:00

VENUE

Afrifrans @ Delectus Manor, Dr. Van Der Merweweg 389, Montana, Pretoria

KAARTJIES

Beskikbaar teen R280/p by Afrifrans.

8 JUNIE 2025

12:00 tot 16:00

VENUE

Afrifrans @ Delectus Manor, Dr. Van Der Merweweg 389, Montana, Pretoria

KAARTJIES

Beskikbaar teen R280/p by Afrifrans.

LANGTAFELS VIR AFRIKAANS
Daar gaan by verskeie langtafels aangesit word; kom trek jou stoel nader en geniet ’n fees van Kaap-Maleisiese kos gekook deur mense wat weet hoe om kardomyn, borrie en masala te meng dat dit op jou tong dans. Ook op die spyskaart is kos uit verskillende streke in die omgewing wat feesgangers gaan laat smul.

8 MEI 2025

16:00 tot 17:00

VENUE

Afrikaanse Taalmonument, Gabbema Doordriftstraat, Paarl

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

9 MEI 2025

10:30 tot 12:30

VENUE

Moravia- en Kerkstraat, Genadendal

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

23 MEI 2025

14:00 tot 17:00

VENUE

Kroonsaal, Fort Schanskop, Pretoria

KAARTJIES

Gratis, maar kaartjies moet bespreek word by tixsa.

Slegs vir volwassenes.

GEDENKLESINGS
Gedenklesings om hierdie mylpaal in Afrikaans se geskiedenis te vier en erkenning aan Afrikaans te gee, word in die Wes-Kaap en Gauteng aangebied.

Ons taaljuwele in die reis van Afrikaans, naamlik die Bo-Kaap, Genadendal, Paarl en Pretoria sal elk ’n noemenswaardige rol speel. Afrikaans het sy eerste treë in die Bo-Kaap gegee en dit is dus gepas dat die openingseremonie hier sal plaasvind met gedenklesings wat in Genadendal, die Paarl en Pretoria sal wees. Genadendal, sowat 135 km van Kaapstad, is ’n belangrike baken in die geskiedenis van Afrikaans. Dit is die tuiste van die eerste sendingstasie en die eerste Afrikaanse opleidingsentrum vir onderwysers en De Bode van Genadendal (1859) is die eerste Afrikaanse koerant wat hier gedruk is.

Om hierdie geskiedkundige gebeure te herdenk, is daar ’n spesiale gedenklesing en huldeblyk oor en aan Afrikaans by Genadendal.

Die Paarl het self diep spore in die taal getrap met onder meer die Eerste Afrikaanse Taalkongres wat in 1896 hier gehou is. Pretoria is ’n belangrike baken in Afrikaans. Dit is op 16 November 1855 gestig en die Universiteit van Suid-Afrika (1873) en die Universiteit van Pretoria (1908) is vandag steeds gerekende akademiese instellings.

Die gedenklesing in Pretoria sal deur dr. Lindi Koorts behartig word. Dr. Koorts is ’n historikus en biograaf van Johannesburg.

DR. LINDIE KOORTS
 “Noem die kind of sy naam”

Lindie Koorts is ‘n historikus wat tans as ‘n nadoktorale genoot aan die Universiteit van die Vrystaat se Sentrum vir Afrikastudie verbonde is.

Sy het haar meestersgraad in historiese studies aan die Universiteit van Johannesburg verwerf en haar doktorsgraad in geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Dié biografi e is gegrond op vier jaar se navorsing. In dié tyd het sy ook ‘n jaar by die Biografi e-instituut van die Rijksuniversiteit Groningen in Nederland deurgebring waar sy haar skryfvaardighede geslyp het.

8 MEI 2025

18:30 vir 19:00

VENUE

Kronenburg Landgoed, Malmesburyweg, Paarl

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

22 MEI 2025

18:30 vir 19:00

VENUE

Pretoria Buiteklub, Waterkloof

KAARTJIES

Beskikbaar teen R850/p by tixsa.

20 tafels met 10 persone elk.

Slegs vir volwassenes.

FEESDINEES ’n Glansdinee wat ’n fynproewer-driegangmaaltyd insluit op een van die mooiste wynlandgoedere in die Paarl en by die Pretoria Buiteklub in Waterkloof. Met seremoniemeesters Lizz Meiring en Christo Davids.

10 MEI 2025

19:30

VENUE

Hoërskool Durbanville Ouditorium, Langenhovenstraat, Durbanville

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

11 MEI 2025

15:00

VENUE

Hoërskool Durbanville Ouditorium, Langenhovenstraat, Durbanville

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

28 MEI 2025

19:30

VENUE

Atterbury Teater, Daventrystraat 4, Lynnwood Manor, Pretoria

KAARTJIES

Kaartjies beskikbaar by seatme

Goue sirkel-kaartjies: R265

Ander: R200

Geskik vir die hele gesin.

29 MEI 2025

19:30

VENUE

Atterbury Teater, Daventrystraat 4, Lynnwood Manor, Pretoria

KAARTJIES

Kaartjies beskikbaar by seatme

Goue sirkel-kaartjies: R265

Ander: R200

Geskik vir die hele gesin.

UIT DIE MOND-MUSIEKKONSERT
Uit die mond is ’n musikale viering van die Afrikaanse taal uit elke mond wat dit praat. ’n Taal, net soos ’n mens, gaan deur baie gedaanteverwisselinge. Ons word gebore, ons groei, ons vra. Ons praat, ons sing. Afrikaans is ’n geskenk aan elkeen wat daarin leer, liefhê en leef. Van Afrikaanse musiek se grootste stemme, begelei deur ’n orkes, neem ons op ’n reis deur die geskiedenis van Afrikaanse musiek in al sy vorme, invloede en skoonheid.

Met Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Emo Adams, Frazer Barry, Lynelle Kenned en Nicole Holm
Teks en regie: Bianca Flanders
Musiekregisseur: Melissa van der Spuy
Vervaardiger: Afrikaans 100

9 MEI 2025

19:30

VENUE

Toringkerk, h.v. Hoof- en Van der Lingenstraat, Paarl

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

25 MEI 2025

15:00

VENUE

Musaion, Universiteit van Pretoria-kampus

KAARTJIES

Beskikbaar teen R165/p by tixsa.

Geskik vir die hele gesin.

KUNS VAN DIE AFRIKAANSE KUNSLIED
Aangebied deur Afrikaans 100 en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Afrikaanse kunslied kom al langer as ’n eeu en is geskep deur Suid-Afrikaanse komponiste se sensitiewe bewuswording en voortdurende vernuwing en innovasie. Die bestaan van die Afrikaanse kunslied is iets om te vier, in ag genome dat die kunslied as dié klassiekemusiekgenre beskou word wat uitdrukking aan die essensie van menslike emosie en geestesbestaan gee. Gehoorlede kan uitsien na ou bekendes soos “Op my ou ramkietjie”, “Mali die slaaf se lied” en “Heimwee”, asook kontemporêre kunsliedere en liedsiklusse van eietydse komponiste.

Met Jo-Nette Lekay, Linette van der Merwe, Chris Mostert, Douwe Bijkersma, Niël Rademan en Susan Steenkamp-Swanepoel

Samesteller: Linette Van Der Merwe

10 MEI 2025

Uitgestel

VENUE

Afrikaanse Taalmonument, Paarl

KAARTJIES

Uitgestel weens swaar reën wat voorspel word.

10 MEI 2025

10:00 tot 22:00

VENUE

Cultural Hub, Pentzstraat 26, Schotschekloof, Bo-Kaap, Kaapstad

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

10 MEI 2025

11:00 tot 18:00

VENUE

Genadendal-museum, Moraviastraat, Genadendal

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

24 MEI 2025

10:00 tot 22:00

VENUE

Botaniese Tuin, Pretoria

KAARTJIES

Kaartjies beskikbaar by tixsa

R50 vir volwassenes.

R20 vir kinders onder 12.

Kinders onder 3 gratis.

MAKIETIES
Is jy lus vir liplek-lekkerte? Die Afrikaans 100-makieties – wat in die Bo-Kaap, Paarl, Genadendal en Pretoria gehou word – gaan jou smaakkliere laat baljaar. Van geurige Kaap-Maleise geregte soos bobotie en koesisters, tot watertandboerekos soos potjiekos en malvapoeding. Maak gereed vir spogwyn en disse soos net Suid-Afrikaners dit kan maak. Onthou, bring daai hongerkol op jou maag saam! Dit is ’n fees vir almal met musiek, kindervermaak en stalletjies met snuisterye.

 

Afrikaanse Taalmonument, Paarl –
10 Mei van 10:00 tot 22:00 (Uitgestel)
As daar een ding in die Kaap is wat bykans onmoontlik is om te navigeer, is dit die weer. Ná deeglike oorweging het die Afrikaans 100-komitee besluit om die Makietie wat op Saterdag 10 Mei by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl in die buitelug gehou sou word, uit te stel. Meer inligting volg binnekort.

Cultural Hub, Bo-Kaap –
10 Mei van 10:00 tot 22:00
Vermaak deur verskeie Maleierkore.
Uitverkoop en gevier

Genadendal-museum, Genadendal –
10 Mei van 11:00 tot 18:00 
Kunstenaars wat optree sluit in Riku Lätti en Churchil Naudé.
Uitverkoop en gevier

Botaniese Tuin, Pretoria –
24 Mei van 10:00 tot 22:00
Kunstenaars wat sal optree sluit in Clive, Joshua, Dirk van der Westhuizen, Matthew Venter, Felicia, Nicholis Louw en Henk Grimsel.
Kaartjies vir Pretoria hier beskikbaar

9 MEI 2025

18:00 tot 21:00

VENUE

Genadendal-museum, Moraviastraat, Genadendal

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

AANDMARK
’n Aandmark vir die hele gesin onder die reusebome van die werf by die Genadendal-museum. Met spys en drank, kuns en allerlei, is hierdie ’n geleentheid om die hart van die historiese dorp te leer ken.

9 MEI 2025

09:30 tot 11:30

VENUE

Taaltoer in die Bo-Kaap

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

9 MEI 2025

Toer een:
10:00 tot 12:00
Toer twee:
13:00 tot 15:00

VENUE

Taaltoere in Paarl

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

10 MEI 2025

09:00 tot 11:00

VENUE

Taaltoere in Genadendal

KAARTJIES

Uitverkoop en gevier

22 MEI 2025

09:00 tot 15:00

VENUE

Kultuurtoere in Pretoria

KAARTJIES

Kaartjies en bespreking by die Voortrekkermonument

23 MEI 2025

09:00 tot 15:00

VENUE

Kultuurtoere in Pretoria

KAARTJIES

Kaartjies en bespreking by die Voortrekkermonument

TAALTOER IN DIE BO-KAAP

Die toer begin by die Bo-Kaap Cultural Hub, 26 Pentzstraat, Schotsche Kloof, Kaapstad.

Trek jou stapskoene aan, bring ’n bottel water en wees deel van hierdie unieke staproete van 1,6 km. Elke kaartjiehouer ontvang ’n ligte peuselhappie asook ’n unieke versameling van Kaap-Maleise resepteboeke.

Die roete is as volg: 
• uitstalling by die Cultural Hub;
• stap af in Almondastraat en wys hoe die Nederlandse straatname steeds deel van die Bo-Kaap se daaglikse lewe is;
• praatjies oor die Bo-Kaap as boerderygebied en die uitwys van verskeie bome wat geplant is; 
• besigtig Spolanderhuis; 
• stap af in Dorpstraat met ʼn gesprek oor argitektuur en gentrifikasie, en besoek die Auwal-moskee die  eerste moskee in Suid-Afrika en  besigtig die handgeskrewe Koran; 
• besoek die Bo-Kaap-muurskildery; 
• stap af in Chiappinistraat en ’n gesprek oor die belangrikheid van die behoud van taal en kultuur.

Vrydag 9 Mei 2025

Een toergroep:  09:30 tot 11:30
Uitverkoop en gevier

 

TAALTOER IN DIE PAARL

Daar sal op 9 Mei twee taaltoere by die Afrikaanse Taalmuseum- en monument aangebied word. Die eerste een is van 10:00 tot 12:00 en die tweede van 13:00 tot 15:00. Die toer sluit ’n besoek van 30 minute aan die Taalmuseum en ’n besoek van 50 minute aan die Taalmonument in. Daar al ook koek en tee by die Taalmonument bedien word. Kaartjies is R170 per persoon en daar is slegs 70 per toer
beskikbaar. 

Uitverkoop en gevier

Kontak ons

Vir navrae of net om te gesels, kontak ons gerus.