fbpx

Bepalings en Voorwaardes

  1. Die “wens ʼn woord geluk”-kompetisie begin op 8 Mei 2024 om 00:01 en eindig op 8 Mei 2025 om 23:59.
  2. Om in aanmerking te kom vir ʼn prys moet deelnemers teks, ʼn klankgreep, foto of kort video van hul gunstelingwoord en ʼn kort verduideliking oor hoekom dit hulle gunstelingwoord is by https://afrikaans100.org/veels-geluk/
  3. Slegs teks, ʼn klankgreep, foto of kort video sal aanvaar word as ʼn inskrywing.
  4. Geen inskrywings wat politiek van aard is, sal aanvaar word nie.
  5. Deur vir die kompetisie in te skryf, aanvaar jy dat Afrikaans 100 enige klankgreep, foto of video op ons sosiale platforms mag gebruik, selfs al is jy nie ʼn wenner nie.
  6. Afrikaans 100 sal die wenners telefonies en per e-pos in kennis stel van hulle prys.
  7. Die wenners sal weekliks aangekondig word op Afrikaans 100 se Facebook- en Instagram-blaaie.
  8. Die wenners sal lukraak gekies word.
  9. Deelnemers moet ouer as 18 wees.
  10. Deelnemers mag meer as een klankgreep, foto of video inskryf.
  11. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  12. Indien jy nie van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jou inskrywing nie as ʼn wenner getrek is nie.
  13. Die prys(e) kan nie vir kontant geruil word nie.
  14. Die pryse sal per koerier aan die onderskeie wenners gestuur word.
  15. Deelnemers moet in Suid-Afrika woon.