fbpx

Gourikwa-kompetisie

Wat beplan jy in jou gemeenskap om Afrikaans se eeufees as amptelike taal in Mei 2025 te vier?  Wat van die skryf van ’n nuwe digbundel of ʼn roman? Of dalk wil jy op 8 Mei 2025 ’n langtafel vir Afrikaans of ’n
100-skaap-spitbraai saam met jou besigheid reël? Miskien het jy ʼn plan om saam met jou skool ’n groot rieldanskompetisie te reël, of die beste massakoorfees wat jou kontrei nog ooit gesien het! Daar’s boonop gerugte van ’n rugbywedstryd met 50 spelers aan ’n kant, en die grootste pot breyani ter wêreld. Ons weet sommer dat daar nie ’n tekort aan blink gedagtes gaan wees nie! Stuur vir ons jou oulike idee, en jy staan die kans om vir jou en vier vriende ’n wegbreek ter waarde van R4 500 by die beeldskone Gourikwa Reserve los te slaan! Inskrywings sluit 31 Desember 2024.

Dit klink mos nou klopdisselboom!