fbpx

PAARL-MAKIETIE UITGESTEL

EMBARGO: ONMIDDELLIK

Soos H.A. Fagan so mooi geskryf het:
My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daar buite,
ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
hier binne is dit veilig, warm en dig.
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan –
dit is ’n rots waarop my huisie staan.

As daar een ding in die Kaap is wat bykans onmoontlik is om te navigeer, is dit die weer. Ná deeglike oorweging het die Afrikaans 100-komitee besluit om die Makietie wat op Saterdag 10 Mei by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl in die buitelug gehou sou word, uit te stel.

“Dit was nie ’n maklike besluit nie, maar met die weervoorspelling wat swaar reën die hele dag voorspel, was dit die beste besluit,” sê Giep van Zyl, nasionale koördineerder van Afrikaans 100. “Hierdie Makietie word egter uitgestel en nie afgestel nie. Dit gaan beslis later in die jaar gehou word met dieselfde vermaak, uitstallers en viering van Afrikaans.”

Persone wat reeds kaartjies vir die Makietie gekoop het, sal deur Tixsa gekontak word en sal die opsie hê om hulle geld terug te kry of die kaartjies te hou vir wanneer die Makietie later gehou word.

Die res van die Afrikaans 100 se program gaan voort soos beplan. Vir die volledige program asook skakels na waar kaartjies gekoop kan word, klik hier.

VIR NAVRAE:

Giep van Zyl: 083 268 2570
René Arendse: 084 769 7987