fbpx

MEDEWERKERS

Lees hier onder meer oor en raak dan betrokke by die swetterjoel lekker projekte wat Afrikaans 100 se medewerkers bied. Waarvoor wag jy? Word deel van Afrikaans 100 se projekte. Almal is genooi!

Boektrommels

Die VVA en die ATKV wil deur hierdie boektrommelprojek ’n
leeskultuur skep en daartoe bydra dat kinders in ’n woordryke omgewing grootword. Hierdie boektrommels is vol heerlike boeke wat by verdienstelike skole en goed bestuurde kleuterskole besorg word. Die VVA verprei jaarliks meer as 50 trommels.

Dig- en skryfkompetisie

Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ’n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in ’n spog bloemlesing opgeneem gaan word. Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehalte-poësie en -kortverhaalkuns in Afrikaans.

Bly op hoogte

Maak seker jy bly deur die loop van die feesjaar op hoogte van ʼn rits projekte wat spesiaal vir die Afrikaans 100-feesvieringe gedeel word. Skakel gerus ook in vir die radiovervolgverhaal, Strandloper, waar die kusdorpie Bloubaai voorbereidings tref vir die Afrikaans 100-eeufees.

Vertaalfonds

PEN Afrikaans Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak. Internasionale aansien vir ons skrywers bevorder die statuur van die Afrikaanse letterkunde as geheel.

Afrikaanse aanlyn leerplatform

Wolkskool is ʼn wêreldklas aanlyn leerplatform met meer as 16 000 videolesse, werkkaarte en assesserings in 8 laerskool- en 16 hoërskoolvakke – in Afrikaans. Hierdie niewinsgerigte organisasie streef daarna om gehalte-onderrig in Afrikaans te bevorder. Gee jou kind die voorsprong wat hy/sy verdien!

Gamka Klassiek 2025

Gamka Klassiek 2025 vind plaas van 30 Mei tot 1 Junie. Skud jou vere reg vir ʼn viering van kamermusiek uit die boonste rakke. Word deel van die betowering wanneer die klank van snaar, klavier en stem deur Prins Albert se strate weerklink!