fbpx

MEDEWERKERS

Lees hier onder meer oor en raak dan betrokke by die swetterjoel lekker projekte wat Afrikaans 100 se medewerkers bied. Waarvoor wag jy? Word deel van Afrikaans 100 se projekte. Almal is genooi!

100 Vlugskrifte

100 Vlugskrifte word op 13 Mei 2025 om 18:00 by NALN aangebied. Meer as veertig digters se werk is in die toonsettings gebruik. Dit strek van Totius (1877‒1953) se gedig Die wêreld is ons woning nie” tot Heilna du Plooy se gedig “Op ՚n toegegroeide voetpad” uit die bundel Getye van tyd (2023). 

100 Afrikaanse Liedjies

Raai teen 7 Mei om 17:00 die 100ste liedjie in die 100-Afrikaanse-liedjies-in-100-dae-projek en staan ’n kans om ’n wegbreek by ’n ATKV-oord te wen. 
Maak gerus ’n draai op die Zita Filmz-kanaal op YouTube om te sien watter liedjies reeds deel van hierdie projek is.

Paarl-koorfees 2025

Die Akademia-koor bied op Saterdag 10 Mei 2025 vir die eerste keer ʼn koorfees in die Paarl aan, ter viering van Afrikaans 100. Wees deel van hierdie musikale praggeleentheid en kom luister na die bekoorlike klanke van die mees gesogte kore van dwarsoor die Wes-Kaap.

Boektrommels

Die VVA en die ATKV wil deur hierdie boektrommelprojek ’n
leeskultuur skep en daartoe bydra dat kinders in ’n woordryke omgewing grootword. Hierdie boektrommels is vol heerlike boeke wat by verdienstelike skole en goed bestuurde kleuterskole besorg word. Die VVA verprei jaarliks meer as 50 trommels.

Dig- en skryfkompetisie

Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ’n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in ’n spog bloemlesing opgeneem gaan word. Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehalte-poësie en -kortverhaalkuns in Afrikaans.

Bly op hoogte

Maak seker jy bly deur die loop van die feesjaar op hoogte van ʼn rits projekte wat spesiaal vir die Afrikaans 100-feesvieringe gedeel word. Skakel gerus ook in vir die radiovervolgverhaal, Strandloper, waar die kusdorpie Bloubaai voorbereidings tref vir die Afrikaans 100-eeufees.

Vertaalfonds

PEN Afrikaans Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak. Internasionale aansien vir ons skrywers bevorder die statuur van die Afrikaanse letterkunde as geheel.

Afrikaanse aanlyn leerplatform

Wolkskool is ʼn wêreldklas aanlyn leerplatform met meer as 16 000 videolesse, werkkaarte en assesserings in 8 laerskool- en 16 hoërskoolvakke – in Afrikaans. Hierdie niewinsgerigte organisasie streef daarna om gehalte-onderrig in Afrikaans te bevorder. Gee jou kind die voorsprong wat hy/sy verdien!

Gamka Klassiek 2025

Gamka Klassiek 2025 vind plaas van 30 Mei tot 1 Junie. Skud jou vere reg vir ʼn viering van kamermusiek uit die boonste rakke. Word deel van die betowering wanneer die klank van snaar, klavier en stem deur Prins Albert se strate weerklink!