fbpx

Hoe vier jy Afrikaans se verjaarsdag?

Al woon jy in Toronto of Timboektoe kan jy steeds ons geliefde moedertaal se eeufees as amptelike taal vier. Organiseer jy ’n groot makietie, of gaan jy ’n nuwe digbundel of roman skryf? Dalk die grootste buitelandse braai reël, of ’n biltongmaakkompetisie? Wees uniek en oorspronklik, en vertel ons gerus hoe jy Afrikaans gaan vier!