fbpx

Program vir Afrikaans 100 se feesvieringe bekendgestel

Van musiek deur die grootste name in Suid-Afrika, tot kuiers om lang tafels, gedenklesings en ’n muurskildery deur ’n talentvolle jong kunstenaar. Dít is alles op die spyskaart wanneer Afrikaans 100 se feesvieringe op 8 Mei afskop.

Die feesvieringe vind in Kaapstad en omstreke asook in Pretoria plaas, maar elke Jan Rap en sy maat gaan natuurlik ook hulle eie partytjies hou om hierdie groot mylpaal in Afrikaans te vier.

Afrikaans is natuurlik veel ouer as ’n honderd jaar, maar die datum 8 Mei 1925 is sonder twyfel een van die belangrike datums aangesien dit die dag was wat Afrikaans amptelike status gekry het, ’n status wat dit ná 1994 gehou het en vandag nog steeds het.

Daar word reeds bykans ’n jaar koppe bymekaar gesit om Afrikaans in al sy vorme te vier. Die plekke waar die vieringe gehou word, is net so belangrik – die Bo-Kaap waar Afrikaans die eerste keer op papier vasgelê is, die Paarl met sy ryk geskiedenis en Genadendal waar die eerste Afrikaanse koerant gedruk is.

Daar is twee groot musiekproduksies –
Uit die mond met Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Emo Adams, Frazer Barry, Lynelle Kenned en Nicole Holm met teks en regie deur Bianca Flanders en Melissa van der Spuy as musiekregisseur en Kuns van die Afrikaanse kunslied met Jo-Nette LeKay (sopraan), Linette van der Merwe (mezzosopraan), Chris Mostert (tenoor), Niël Rademan (bariton) en Susan Steenkamp-Swanepoel (pianis). Die samesteller is Linette van der Merwe. Hierdie produksies word twee keer in Durbanville en twee keer in Pretoria op die planke gebring.

Die program is as volg:

8 MEI
09:00 – 11:00  Openingseremonie, Kasteel die Goeie Hoop, Kasteelstraat, Kaapstad

12:00 – 12:30 Onthulling van muurskildery, h.v. Waal- en Pentzstraat, Bo-Kaap

13:00 – 14:30 Langtafel vir Afrikaans, Cultural Hub, Pentzstraat 26, Schotschekloof, Bo-Kaap

16:00 – 17:00 Gedenklesing, Afrikaanse Taalmonument, Paarl

17:30 – 20:30 Langtafel vir Afrikaans, Afrikaanse Taalmonument, Paarl

18:30 – 23:00 Afrikaans 100 Feesdinee, Kronenburg Landgoed, Paarl

9 MEI
10:20 – 12:30 Gedenklesing en huldeblyk, Morawiese Kerk, Genadendal

14:00 – 16:00 Langtafel vir Afrikaans, Karl Schiefer-saal, Genadendal

18:00 – 21:00 Aandmark, Moraviastraat, Genadendal

19:30 – Kuns van die Afrikaanse-kunslied, Toringkerk, Paarl

10 MEI
10:00 – 22:00 Die Afrikaans 100 Makietie, Cultural Hub, Schotschekloof, Bo-Kaap

10:00 – 22:00 Die Afrikaans 100 Makietie, Afrikaanse Taalmonument, Paarl

11:00 – 18:00 Die Afrikaans 100 Makietie, Genadendal-museum, Genadendal

19:30 Uit die mond, Hoërskool Durbanville

11 MEI
15:00 Uit die mond, Hoërskool Durbanville

22 Mei
18:30 – 23:00 Feesdinee, Kronenburg Landgoed, Malmesburyweg, Paarl en Pretoria Buiteklub, Waterkloof

23 MEI
10:00 – 13:00 Gedenklesing, Kroonsaal, Fort Schanskop, Pretoria

24 MEI
10:00 – 22:00 Afrikaans 100 Makietie, Botaniese Tuin, Pretoria

25 MEI
12:00 – Kuns van die Afrikaanse kunslied, Musaion, Universiteit van Pretoria-kampus

28 MEI
19:30 Uit die mond, Atterbury Teater, Pretoria

29 MEI
15:00 Uit die mond, Atterbury Teater, Pretoria

Vir meer inligting oor die verskillende geleenthede, kaartjiepryse en besprekings asook waar om te bespreek, klik hier.