
Vier Afrikaans en wen

Organiseer jy ’n groot makietie in jou provinsie, gemeenskap of kontrei om Afrikaans se eeufees as amptelike taal te vier? Of gaan jy dalk ’n nuwe digbundel of ʼn roman skryf? Wat van ’n groot buurtbraai, of die langste sokkiedans in die geskiedenis? En ons hoor gerugte van ’n rugbywedstryd met 50 spelers aan ’n kant, en die grootste pot breyani ter wêreld!
Ons weet sommer dat daar nie ’n tekort aan blink idees gaan wees nie! Stuur vir ons jou feesvieridee, en jy staan die kans om R7 000 kontant in jou sak te steek. Dit klink mos nou klopdisselboom!