
Bepalings en Voorwaardes
1. Posisionering en waardes
Afrikaans 100 handhaaf die onderstaande posisionering en waardes:
1.1 Posisionering
Afrikaans 100 is ’n aanlyn, inligtingsruimte vir gebruikers van Afrikaans insluitend die wyer Suid-Afrikaanse gemeenskap met belang by of belangstelling in Afrikaans.
1.2 Waardes
Inligting geskied binne ’n bepaalde ruimte van voorkeure en ons inhoud weerspieël dit.
• Inklusiewe waarderaamwerk: Gebaseer op respek vir alle mense – die styl en inhoud van gesprekvoering sal daardeur beïnvloed word.
• Individuele vryheid: Dat elke mens die reg het om hom-/haarself uit te leef en in die eerste plek vir hom-/haarself verantwoordelik is en vry behoort te wees om hom-/haarself uit te druk.
• Vrye gemeenskapsvorming en assosiasie: Dat elke mens die reg het om hom-/haarself in gemeenskapsverband uit te leef.
• Balans tussen probleem en oplossing: Afrikaans 100 sal altyd daarna streef om ’n balans tussen probleem en oplossing te vind en die volle prentjie weer te gee.
• Alternatiewe menings: Afrikaans 100 plaas van tyd tot tyd menings van buite ons eie posisionering en waardes om gesprek aan te moedig ter wille van verdieping van die debat.
• Aanslag: Inhoud handhaaf ’n beskaafde toon. Lesers mag dit uitdagend vind, maar dit sal nie uittartend wees nie.
2. Definisies
Tensy die teendeel duidelik aangedui word, het die volgende woorde en/of sinsnedes in hierdie beleidsdokument die volgende betekenis:
• Geskrewe teks: Geskrewe artikels van enige aard wat by die domein Afrikaans 100 gepubliseer word, insluitend nuusartikels, resensies, notas, mediaverklarings, e-posboodskappe, data en enige ander internetplasings.
• Visuele produkte: Beeldende en grafiese kunste, foto’s, ensovoorts wat deur Afrikaans 100 vervaardig is en/of deur Afrikaans 100 besit word.
• Multimediaprodukte: Videoproduksies, films, CD’s, ensovoorts wat deur Afrikaans 100 vervaardig is en/of deur Afrikaans 100 besit word.
• Klankprodukte: Enige klankgrepe wat deur Afrikaans 100 vervaardig is en/of deur Afrikaans 100 besit word.
• Gesproke teks: Toesprake, digitale opnames, lesings, aanbiedings, onderhoude, notules, ensovoorts wat deur Afrikaans 100 vervaardig is en/of deur Afrikaans 100 besit word.
• Samevoeging van inhoud: Verwys na inhoud van verskillende bronne wat saamgevoeg word vir herpublikasie en wat herskryf word, waarby nuwe inligting gevoeg word en wat die oorspronklike bron erken.
• Koekies (cookies): ʼn Koekie, ook bekend as ʼn HTTP-koekie, webkoekie, of blaaierkoekie, is ʼn klein hoeveelheid data wat van ʼn webtuiste af gestuur word en in die gebruiker se webblaaier gestoor word terwyl die gebruiker die webtuiste gebruik. Elke keer as die gebruiker die webtuiste besoek, stuur die blaaier die koekie na die bediener terug om die webtuiste van die gebruiker se vorige aktiwiteit te verwittig. Koekies is as ʼn betroubare instrument vir webtuistes ontwerp om inligting op ʼn staat (soos items in ʼn e-inkopiewaentjie) te onthou of om die gebruiker se blaai-aktiwiteite (insluitend klikke op spesifieke knoppies, intekening, of die bladsye wat maande of jare gelede deur die gebruiker besoek is) vas te lê.
3. Inhoudelike beleid
• Afrikaans 100 se inhoudsredakteur en skrywers is verbind daartoe om altyd:
o Met integriteit op te tree.
o Erkenning aan bronne te gee.
o Die anonimiteit van ʼn inligtingsbron te waarborg, indien die bron dit so verkies. o Erkenning aan die oorsprong van foto’s/fotograwe te gee.
o Die belang van sy lesers eerste te stel.
o So objektief moontlik inligting weer te gee.
4. Saamstel van inhoud
• Afrikaans 100 maak van tyd tot tyd gebruik van die praktyk van samevoeging van inhoud deur inligting wat van ander bronne versamel is, te herpubliseer.
• Saamgevoegde inhoud word altyd herskryf deur Afrikaans 100 se skrywers.
• Waar moontlik word nuwe inligting bygewerk.
• Die oorspronklike bron van saamgevoegde inhoud word altyd aangedui, met ʼn aktiewe skakel na die oorspronklike bron se artikel.
5. Deelname deur gebruikers
• Enigeen is welkom om kommentaar te lewer en deel te neem aan Afrikaans 100, welke kommentaar egter vry moet wees van rassisme, seksisme, homofobie, onvanpaste persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal.
• Kommentaar moet pas by die beskaafde toon en waardestelsel van Afrikaans 100.
• Die doelbewuste ontwrigting van gesprekke, onder meer deur irrelevante, uitlokkende stellings (trolling of flaming), word nie toegelaat nie.
• Herhaaldelike plasing van dieselfde inhoud in verskillende kommentaarstukke of die plasing van irrelevante inligting of skakels na irrelevante webadresse, word nie toegelaat nie.
• Rassistiese en seksistiese kommentaar, of kommentaar wat andersins aanstootlik of diskriminerend van aard is, sal nie toegelaat word nie.
• Ander lesers en kommentators sal nie persoonlik aangeval en/of verneder word nie.
• Kommentaar moet relevant wees tot die inhoud waarop kommentaar gelewer word.
• Kommentaar wat geweld aanwakker, haatspraak verteenwoordig, kru of vuil taalgebruik insluit, of lasterlik of Godslasterlik van aard is, sal nie geduld word nie.
• Afrikaans 100 hou die reg voor om sonder verdere kennisgewing enige kommentaar wat ons insiens nie onderhewig is aan die bepalings van hierdie beleid nie, eensydig te verwyder.
• Die kommentator hoef nie in kennis gestel te word indien sy/haar kommentaar verwyder word nie, en redes vir die verwydering hoef nie deur Afrikaans 100 verskaf te word nie.
• Afrikaans 100 hou die reg voor om die kommentaarfunksie op enige inhoud op af te skakel, sonder voorafkennisgewing aan lesers.
• Afrikaans 100 hou die reg voor om, sonder verdere kennisgewing enige kommentators wat ons insiens hulleself op ʼn herhaalde basis skuldig maak aan die oortreding van hierdie bepalings en voorwaardes, eensydig te blok van enige verdere deelname.
• Die kommentator hoef nie in kennis gestel te word indien hy/sy geblok is nie, en redes vir sy/haar permanente verwydering hoef nie deur Afrikaans 100 verskaf te word nie.
6. Klagtes
• Indien enige persoon ʼn klagte/grief oor ʼn ander leser se kommentaar indien, sal dit deur Afrikaans 100 ondersoek word.
• Die voorkeurmeganisme vir kommentaar-beheer is die oordeel van ander kommentators wat onvanpaste kommentaar aanmeld met behulp van die ingeboude klagtemeganisme van die kommentaarstelsel.
• Kommentaar waaroor deeglik gemotiveerde klagtes ontvang word, selfs in die afwesigheid van klagtes van ander kommentators, word na meriete beoordeel.
• Met die aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes aanvaar lesers dat hul kommentaar gewysig of verwyder mag word indien dit nie aan hierdie bepalings voldoen nie. Indien ’n leser hom/haar herhaaldelik skuldig maak aan die oortreding van hierdie bepalings, kan hy/sy permanent geblokkeer word om weer op Afrikaans 100 kommentaar te lewer.
7. Beskerming van privaatheid
• Enige inligting wat deur lesers aan ons verskaf word (insluitend naam en van, e-posadres, selfoonnommer, geboortedatum, foto’s van gebruikers, waar die leser woon, watter rugbyspan die leser ondersteun, ID-nommer (al hierdie inligting slegs indien lesers verkies om dit te verskaf), IP-adres en ander inligting tydens byvoorbeeld ʼn registrasieproses of intekening op ʼn nuusbrief, mag deur Afrikaans 100 gestoor word.
• Afrikaans 100 maak van “koekies” (cookies) gebruik om inligting oor lesers se internetgebruikspatrone te versamel.
• “Koekies” kan ook gebruik word om lesers se inligting te onthou sodat sekere velde nie herhaaldelik ingevoer hoef te word nie, en om as metingsinstrument te dien.
• Inligting wat deur middel van “koekies” versamel is, is ook onderworpe aan die riglyne vir beskerming van privaatheid soos hier uiteengesit. Inligting wat versamel word, stel Afrikaans 100 in staat om inhoud en advertensies aan besoekers te verskaf wat vir hulle relevant is, ten einde vir hulle ʼn meer positiewe ervaring op die webtuiste te gee.
• Sulke geteikende inhoud en advertensies maak dit ook vir Afrikaans 100 se adverteerders die moeite werd om op die webblad te adverteer, wat dit vir Afrikaans 100 moontlik maak om finansieel volhoubaar te wees.
• Inligting kan ook gebruik word om lesers te kontak.
• Ingesamelde inligting word as sensitief hanteer en die redaksionele span sal slegs met toestemming of waar vereis, erkenning aan bronne van inligting gee.
• Afrikaans 100 gebruik hierdie persoonlike inligting slegs vir sy eie doeleindes, en sal nooit persoonlike inligting wat deur lesers aan ons verskaf is, verkoop of aan ʼn derde party verskaf nie.
• Besoekers se persoonlike inligting sal wel aan derde partye verskaf word wanneer ʼn lasbrief deur die hof uitgereik en verskaf is.
• Daar is geen beperking op hoe lank Afrikaans 100 ʼn leser se inligting mag stoor nie.
• Inligting wat deur lesers aan Afrikaans 100 verskaf is, kan gebruik word vir navorsing, beplanning, ondersoek na onregmatige gebruik van die webtuiste, kommunikasie met lesers en verbetering van diens en inhoud in die algemeen.
• Inligting wat deur lesers aan Afrikaans 100 verskaf is, kan aan ʼn derdeparty-diensverskaffer voorsien word ten einde die uitvoer van hul take moontlik te maak, in welke geval die derdeparty-diensverskaffer ʼn ooreenkoms sal teken om die vertroulike hantering van hierdie inligting te verseker. So ʼn derdeparty- diensverskaffer sal hiermee onderhewig wees aan dieselfde bepalings as dié waartoe Afrikaans 100 hom hiermee verbind, soos hier uiteengesit.
• Afrikaans 100 kan vir die volgende redes, maar nie beperk hiertoe nie, met lesers in kontak tree met behulp van inligting wat deur lesers verskaf is of wat deur Afrikaans 100 versamel is:
o Wanneer inligting ingewin moet word vir die skryf van ʼn storie;
o Wanneer Afrikaans 100 gebruikers se terugvoer benodig oor Afrikaans 100 se webtuiste; en/of
o Wanneer lesers kommentaar lewer op die webtuiste of sosialenetwerkprofiele, en
Afrikaans 100 genoop voel om daarop te reageer;
o Deur die uitstuur van nuusbriewe (wat slegs gestuur word aan lesers wat ingeteken is daarvoor);
o Na afloop van ʼn veldtog, om lesers op hoogte te hou van soortgelyke veldtogte of om hulle te nooi om in te teken op die nuusbrief;
o Wanneer lesers onvanpaste kommentaar lewer wat nie voldoen aan die kommentaarbeleid wat in hierdie dokument uiteengesit is nie, en dit nodig is om met hulle in gesprek te tree daaroor;
o Ná ʼn kompetisie, om met die wenners van pryse te kommunikeer.
8. Eiendomsreg
• By herpublikasie of verspreiding van enige geskrewe teks, gesproke teks, visuele produkte, multimediaprodukte of klankprodukte wat deur Afrikaans 100 vervaardig is of besit word, moet Afrikaans 100 as die oorspronklike publikasiemedium van die teks of produk vermeld word.
• Afrikaans 100 behou die rego voor om enige oudio-, visuele of teksinhoud wat lesers op Afrikaans 100 se webtuiste en/of sosialemediaplatforms oplaai vir bemarkingsdoeleindes te gebruik.
• ʼn Aktiewe internetskakel na die oorspronklike artikel op Afrikaans 100 se webtuiste moet by herpublikasie/verspreiding gepubliseer word.
• Geen inhoud mag vir besigheidsdoeleindes gebruik word sonder Afrikaans 100 se instemming nie.
• Met gebruik van enige van Afrikaans 100 se inhoud vir radio- en televisieberiggewing moet erkenning aan Afrikaans 100 as die bron van die inligting gegee word.
• Multimediaprodukte en klankprodukte wat deur Afrikaans 100 vervaardig en op die webtuiste beskikbaar gestel is, mag nie op enige wyse gedupliseer, op ʼn ander webtuiste gelaai word, op CD of in ʼn ander digitale formaat geskryf word, of vir kommersiële of nie-kommersiële doeleindes aan luisteraars of ander persone of instansies verskaf word nie.
• Foto’s of klankgrepe wat op Afrikaans 100 se webtuiste gepubliseer is, mag nie op die internet herpubliseer word op so ʼn wyse dat die oorspronklike foto of klankgreep van Afrikaans 100 se bediener ingetrek word nie (algemeen bekend as hotlinking). Hierdie aksie word gesien as diefstal, siende dat Afrikaans 100 die koste van die verkeer dra.
• Enige persoon (regspersoon of natuurlike persoon) sal plagiaat en/of intellektuele eiendomsregskending pleeg indien hy of sy Afrikaans 100 se idees, gepubliseer of ongepubliseer, aanbied asof dit sy eie is. Hierdie idees sluit onder andere in, maar is nie beperk nie tot, geskrewe teks, gesproke teks, visuele produkte, multimediaprodukte, en klankprodukte.
• Afrikaans 100 hou die reg voor om toepaslike regsremedies teen beweerde oortreders in dié verband in te stel.
• Afrikaans 100 behou die reg voor om toegang tot die webtuiste aan enige IP-adres te weier. Indien ongerymdhede, ongemagtigde toegang en/of aktiwiteite wat ʼn potensiële gevaar inhou, soos DoS- aanvalle, spamming en hacking vermoed word, sal Afrikaans 100 die nodige stappe neem om die integriteit van die webtuiste te verseker, insluitend voorsorgmaatreëls soos throttling en blacklisting van vermeende oortreders.
9. Vrywaring
• Afrikaans 100 sal nie verantwoordelik gehou word vir enige skade, eise, kompensasie, genoegdoening, ensovoorts wat opgedoen word deur webtuistes wat besoek is vanaf skakels op Afrikaans 100 se webtuiste nie. Sodra ʼn gebruiker via ʼn skakel op Afrikaans 100 na ʼn ander webtuiste beweeg, is die gebruiker onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van daardie webtuiste.
• Afrikaans 100 ondersteun nie en/of kondoneer nie noodwendig die produkte en/of dienste van die adverteerders wat op die webtuiste adverteer nie, en sal nie aanspreeklik gehou word vir enige beloftes wat deur adverteerders op Afrikaans 100 gemaak word, spesiale aanbiedinge, ensovoorts nie.
• Afrikaans 100 aanvaar dat alle minderjariges wat die webtuiste besoek, dit onder toesig van hulle ouers of voogde doen, of ten minste met die nodige toestemming van hulle ouers of voogde doen en sal daarom nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige aanstootlike, onwelvoeglike, vulgêre, eksplisiete, skokkende of gewelddadige kommentaar, beeldmateriaal of klankmateriaal waaraan minderjariges blootgestel word nie.
• Afrikaans 100 neem redelike stappe om gebruikers te beskerm teen skade en kuberkrakers, maar kan nie verantwoordelik gehou word indien hulle wel skade opdoen as gevolg daarvan nie.
10. Derdeparty Skakels
Hierdie webwerf kan skakels na derdeparty-webwerwe bevat. Hierdie skakels word slegs vir gerief verskaf, en Afrikaans100 is nie verantwoordelik vir die inhoud of praktyke van hierdie eksterne webwerwe nie.
11. Algemeen
Afrikaans 100 sal nie verantwoordelik gehou word vir enige skade, eise, kompensasie, genoegdoening, ensovoorts wat opgedoen word deur –
• kommentaar wat ondertone van rassisme, seksisme of diskriminasie van enige aard bevat; en/of
• kommentaar wat geweld aanwakker, haatspraak verteenwoordig, kru of vuil taalgebruik insluit; en/of
• kommentaar wat lasterlik of Godslasterlik van aard is; en/of
• deelnemers wat hulle skuldig maak aan praktyke soos trolling, flaming en/of stalking nie.