
Bepalings en Voorwaardes
Die “VIER AFRIKAANS EN WEN”-kompetisie begin op 3 Februarie om 00:01 eneindig op 31 Mei 2025 om 23:59.
Om in aanmerking te kom vir ʼn prys moet deelnemers in teksvorm verduidelik hoe hulle Afrikaans op 8 Mei 2025 gaan vier by https://afrikaans100.org/vier-afrikaans/
Slegs teks sal aanvaar word.
Geen inskrywings wat politiek van aard is, sal in aanmerking kom nie.
Deur vir die kompetisie in te skryf, aanvaar jy dat Afrikaans 100 enige teks op ons sosialemediaplatforms mag gebruik, selfs al is jy nie ʼn wenner nie.
Afrikaans 100 sal die wenners telefonies en per e-pos in kennis stel van hulle prys.
Die wenners sal aangekondig word op Afrikaans 100 se Facebook- en Instagram-blaaie.
Die wenners sal lukraak gekies word.
Deelnemers moet ouer as 18 wees.
Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
Indien jy nie van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jou inskrywing nie as ʼn wenner getrek is nie.
Die wenner(s) moet ʼn geldige Suid-Afrikaanse bankrekening hê waarin die geld gedeponeer kan word.
Afrikaans 100 sal die wenner(s) telefonies en per e-pos kontak om hulle bankbesonderhede te bekom.
Deelnemers moet in Suid-Afrika woon.