Wen 'n deel van R100 000 vir jou skool!
Afrikaans 100 nooi skole regoor Suid-Afrika uit om deel te neem aan ’n opwindende taalviering!
Waaroor gaan die kompetisie?
Die Afrikaans 100-skolekompetisie is ’n landswye uitnodiging aan skole om Afrikaans op kreatiewe maniere te vier, nie net met eksamens en handboeke nie, maar met verbeelding, ritme, kleur en klank. Dis ’n kans vir leerders en skole om te wys hoe Afrikaans in hulle gemeenskappe lééf en klink.
Hierdie kompetisie gee leerders die ruimte om hulle eie vorme van Afrikaans te laat skyn, of dit nou Standaardafrikaans, Kaaps, Namakwalands, Afrikaanse jeugtaal, of ’n mengsel van dit alles is.
Wie kan inskryf?
- Alle laer- en hoërskole in Suid-Afrika
- Kleuterskole, privaatskole en aanlynskole is ook welkom
- Huistaal- én addisionele taalsprekers van Afrikaans
- Skole van al nege provinsies
- Inskrywings is gratis
Wat kan ingeskryf word?
Skole kan enige kreatiewe viering, aktiwiteit of projek wat wys hoe Afrikaans in hulle skool of gemeenskap leef en gevier word inskryf. Dit kan wees:
’n Kort video, opvoering, digbundel, leesprojek, kunswerk, of iets soortgelyks.
Enige vorm van kreatiewe taalgebruik word aanvaar.
Leerders word aangemoedig om hulle eie taalvorme te gebruik, of dit nou Standaardafrikaans, Kaaps, Namakwalands of Afrikaanse jeugtaal is.
KRITERIA?
Punte word soos volg toegeken:
- Mees kreatiewe viering van Afrikaans (In enige van sy variëteite).
- Grootste impak op die bevordering van lees.
- Pret in die klaskamer.
Hoe skryf ons in?
- Plaas julle projek of viering op julle skool se sosiale media (Facebook, Instagram, TikTok of YouTube).
- Maak seker dat die plasing vir publiek sigbaar is.
- Voltooi die aanlyn registrasievorm.
- Daar is geen beperking op die aantal aktiwiteite wat ’n skool mag indien nie en verskillende klasse, grade of taalvlakke kan inskryf.