fbpx

Die kuns van die Afrikaanse Kunslied


Ons vier die ontwikkelingseisoene van die Afrikaanse kunslied met die perfekte wegspring: ʼn Lentekonsert in Oktober, die mooiste, mooiste maand . . .

♪ Saterdag 26 Oktober ♫ 15:30
♫ Groenkloof-ouditorium, UP Groenkloofkampus
♪ Kaartjies kos R200 (bespreek aanlyn via die skakel in die teks)

Kom geniet bekende toonsettings van geliefde digters, uitgevoer deur professionele kunstenaars.

Die Afrikaanse kunslied het die afgelope 100+ jaar ontwikkel deur seisoene van trots Suid-Afrikaanse komponiste se sensitiewe bewuswording en voortdurende vernuwing/innovasie. Die bestaan van die Afrikaanse kunslied is voorwaar iets om te vier, inaggenome dat die kunslied as dié klassiekemusiekgenre beskou word wat uitdrukking gee aan die essensie van menslike emosie en geestesbestaan. Op 26 Oktober om 15:30 by UP se Groenkloofouditorium vier die SA Akademie die kuns van die Afrikaanse kunslied met ʼn Lentekonsert.

Temas van nostalgie, odes aan die natuur, musiek en die liefde saam met lekker pittighede kom aan die bod in dié konsert, wat die eerste in ʼn reeks Afrikaanse Kunsliedkonserte ter viering van Afrikaans100 is. Gehoorlede kan uitsien na ou bekendes soos “Op my ou ramkietjie”, “Mali die slaaf se lied” en “Heimwee” asook kontemporêre kunsliedere en liedsiklusse van eietydse komponiste.

Die kunstenaars Jo-Nette LeKay (sopraan), Linette van der Merwe (mezzosopraan), Chris Mostert (tenoor), Christiaan Snyman (bas-bariton) en Ferdi Geyer (pianis) voer komposisies van onder andere Pieter de Villiers, S Le Roux Marais, Arnold van Wyk, Lourens Faul asook Hendrik Hofmeyr, Niel van der Watt en Franco Prinsloo uit. Coert Grobbelaar, bekende tenoor en radio-omroeper, sal die program aanbied.

Kom geniet dit saam met ons, ter ondersteuning van Afrikaans 100 – bespreek by www.akademie.co.za