
Artikels
Feite-oor-afrikaans
Afrikaans is volgens die sensus van 2022 die derde grootste taal in die land – naas isiZulu (24,4% ) en isiXhosa (16,3%) – met meer as 6,5 miljoen, oftewel 10,6%, moedertaalsprekers in die land.
Afrikaans-geskiedenis
Khoi-Afrikaans dateer reeds van 1595. Toe daar in 1625 ’n permanente halfwegstasie aan die Kaap opgerig is, was Khoi-Afrikaans reeds gevestig en dus die eerste periode in Afrikaans se geskiedenis.
Afrikaans as ampstaal
Brasse, bra’s en broeders. Sisi en suster. Staan nader, staan nader. Maak ’n plan of dala wat jy moet. Kom tiekie en riel, klink ’n glasie en sê tjeers en tjorts, want op 8 Mei 2025 word daar groot partytjie gehou wanneer die mooiste taal eeufees vier. Ja, Afrikaans is volgende jaar amptelik ’n honderd jaar oud en álmal is genooi.
Afrikaans in Namakwaland
Ek is gebore en het grootgeword in Nababeep, Namakwaland. In Afrikaans, want Engels was selde daar gehoor. Namakwalanders is in die algemeen baie reguit mense, hulle hou daarvan om hulle sê reguit en sonder veel fieterjasies te sê. Dis ’n harde wêreld, warm en droog, vol klip en sand en jy moet maar baklei vir jou oorlewing.
Erfenis: Wat moet jou nalatenskap wees?
’n Paar skrywers en akademici verwoord wat dit is wat hulle vir die toekoms van ons land, ons taal en die wêreld wil nalaat.
Namakwaland se Afrikaans is so kleurryk soos sy blomme
“Op die groot saaidag van die heelal
het reeds ’n entjie duskant Wupperthal
oor die kaal Noordweste
’n sakkie van die Heer se beste
saad per ongeluk gelek, gelek en uitgeval.” – D.J. Opperman se “Namakwaland”
Erfenisdag: Wat vier ons?
Volgens die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is erfenis onder meer ’n erflating, ’n geskenk en ’n nalatenskap. Dis ’n dag waarop alle Suid-Afrikaners, maak nie saak of hulle komvandaan verskil nie, die land in al haar prag en praal kan vier.
Ons gedeelde erfenis en nalatenskap
Wat sal ons aan ons kinders oordra?
Om Afrikaans te wees, is om inklusief te wees. Dit is ten minste waaroor talle in die Afrikaanse gemeenskap droom, juis omdat dit in 2024 nog nie die werklikheid is nie. Die droom is ook dat hierdie inklusiwiteit deel van die Afrikaanse erfenis sal wees.
Kook en Geniet ’n wenner in San Francisco
In die kombuis van St. Anthony’s is die hoofsjef Annria Rossouw, ’n Suid-Afrikaner wat gereeld haar Kook en Geniet nader trek om duisende maaltye elke dag saam met haar span voor te berei.
Afrikaanse vraestelle:
Kry hier hulp
Die laaste eksamens vir die skooljaar is om die draai en dis tyd om agter die boeke te sit. Hiermee die skakels vir die onderskeie grade se vraestelle
Vonk Musiek: Afrikaans 100 Treffers
Vonk Musiek: Afrikaans 100-treffers
… en tog die deuntjie draal
Van Kramer tot Zoid, Rauch tot Parow. Een ding is seker: Afrikaanse musiek het ’n skatkis treffers opgelewer.
Chester Meyer
Wanneer Griekwa-Afrikaans sing
Chester Meyer is ’n kind van die Karoo en die geskiedenis, en veral die kerkmusiek, van die Griekwas lê hom na aan die hart.
Griekwa-Afrikaans
“Ek slat my twee oge op:
my kyk vang die verste kop
waarvan sal my hulp nou kom? My hulp is van die Jirre, van Hom.”
Die taal is nie dood nie
In die oorsprongverhaal van die Genootskap van Regte Afrikaners, wat op 14 Augustus 1875 in die lewe geroep is, word Afrikaners in ’n drietal kategorieë opgedeel. Die eerste twee, soos Jana Terblanche van Solidariteit se Skole-ondersteuningsentrum…
Afrikaaps
Kaapse Afrikaans is volgens die taalhistorikus Christo van Rensburg as drie van die soorte Afrikaans (Kaapse Afrikaans, Oranjerivierafrikaans en Oosgrensafrikaans) gevestig, al drie met ’n Nederlandse grondslag, maar elkeen tog met sy eie dialek.
René Arendse
Nasionale koördineerder: Afrikaans 100
Augustus word vroue gevier en vandeesmaand vertel René Arendse, die dinamiese adjunk-koördineerder van Afrikaans Amptelik 100, meer oor die projek. Volg die skakel vir die onderhoud met René.
Karoo-Afrikaans
In die middel van Suid-Afrika lê daar ’n stuk aarde, ’n halfwoestyn wat ’n groot gedeelte van die suidweste van die land beslaan. Daardie stuk aarde word die Karoo genoem; Karoo van die Khoi-woord wat droog of harde grond beteken…
Afrikaans se wortels en takke
My Afrikaans issie klank vannie Kaapse Vlakte – liewendag en vol weestand, soesie mense self. Is ’n taal van vertel, van opstaan, van resist, van krag gie. ’n Taal wattie stories van ôsse communities echo, ennie lag van ôsse kinnes vashou. Is ’n taal wat…
René Arendse
Nasionale adjunk-koördineerder: Afrikaans 100
Ons staan voor die skryf van ’n nuwe geskiedenis. Hierdie viering merk ’n tyd in die geskiedenis van ons taal waar almal wat haar praat die pen in die hand kan hou en kan begin skryf…
Giep van Zyl
Nasionale koördineerder: Afrikaans 100
Afrikaans se wortels lê natuurlik baie diep. Daar was vele hoogte- en laagtepunte en die taal het ’n unieke pad van wording gestap, met ’n evolusie wat steeds besig is om te ontvou…