fbpx

Net soos die taal Afrikaans se invloede van noord en suid kom, so is die invloede op die kos wat ons oor die feesseisoen eet.

Dis Desember en vir meeste mense is dit ’n tyd vir asem skep, saam met familie en vriende te kuier en reg te
maak vir nuwe jaar.

Wanneer dit by die feesseisoen kom, is dit wat op ons tafels en in ons glase is, natuurlik belangrik. Suid-Afrikaners is gasvrye mense en kuier om ’n tafel of braaivleisvuur, is vir ons soos tweede natuur.

Volgens
Spys en drank: Die oorsprong van die Afrikaanse eetkultuur (C. Struik Uitgewers, 1977) deur die koskenner Renate Coetzee, is die oudste kookboek geskryf deur Johanna van Riebeeck, ’n kleindogter van Jan van Riebeeck, tydens ’n besoek aan die Kaap in 1710. Die resepte was vir kos wat vir lang seereise gemaak is en daar was onder meer resepte vir uitgedroogde brood en ingelegde snoek.

Die eerste gedrukte Afrikaanse kookboek was
Kook-, Koek- en Resepteboek deur mevrou E.J. Dijkman.
Dit is in 1890 gepubliseer.

Die grootste suksesverhaal onder Afrikaanse kookboeke, is egter sonder twyfel
Kook en geniet deur S.J.A. de Villiers wat die eerste keer in 1951 verskyn het. Kook en geniet is steeds in druk en daar is al meer as een miljoen eksemplare verkoop.

Kos in Suid-Afrika se invloede kom van oral. Die fyn kookkuns van Frankryk, die speserye uit die Ooste, die gebruik van dit wat die see en die grond in Suid-Afrika ons bied.

Peter Veldsman, die koskenner en sjef wat vroeër vanjaar oorlede is, het vertel dat melktert een van die disse is wat so eg Suid-Afrikaans is, maar die inspirasie en invloed is wyd – die lae skilferkors uit Frankryk, die melkpap uit Portugal soos hulle pasteis de nata, die kaneel bo-op wat al die pad uit die Ooste gekom het.

As daar na woorde van bekende disse gekyk word, is dit interessant om te sien hoe ver sommige strek. Kyk byvoorbeeld na die volgende woorde uit die Etimologiewoordeboek van Afrikaans.

bobotie 
s.nw.
Gereg van gemaalde vleis wat o.a. kerrie, brood, eiers en uie bevat.
Wsk. uit Maleis boemboe ‘kerriespeserye en kruie’, maar dit hou mntl. ook verband met die Maleise ww. wat hiervan afgelei is, nl. boeboe ‘sout’. Eerste optekening in vroeë Afr. op 11 Maart 1752 in die samestelling bobotieketel (Scholtz 1972: 115), waarna in Afr. by Pannevis (1880).
Eng. bobotie (1870). Vanuit Afr. in S.A.Eng. (1870).

denningvleis 
s.nw.
Repies gekruide, droë vleis.
Samestelling van denning en vleis, met denning uit Ndl. dendeng, dingding (1827). Ndl. dendeng, dingding beteken reeds ‘repies gekruide, droë vleis’; Afr. denningvleis is dus ‘n toutologiese samestelling.
Ndl. dendengdingding uit Maleis dendeng ‘repies gekruide, droë vleis’ uit Chinees.
Vanuit Afr. in S.A.Eng. in die vorm dendengvleis (1944).

pampoen 
s.nw.
1. Rankplant waarvan die vrug as groente geëet word. 2. Domkop.
In bet. 1 uit gewestelike Ndl. pampoen (1562). Bet. 2 het in Afr. self ontwikkel. Eerste optekeninge in Afr. van pampoen, teenoor alg. Ndl. pompoen, by Changuion (1844), Pannevis (1880) en Mansvelt (1884).
Vanuit vroeë Afr. in S.A.Eng. (1798 in bet. 1) en vanuit Afr. in S.A.Eng. (1949 in bet. 2), ook in die samestelling pampoenkoekie (1949).

bredie 
s.nw.
Gereg van vleis wat gewoonlik met uie gesmoor en met groente gestowe word.
Mntl. uit Port. bredo ‘enigeen van verskeie plante van die geslag Amaranthus, soms as groente gekook’. Hierdie groente was aanvanklik wsk. die groente wat in ‘n bredie gebruik is. ‘n Vroeëre bet. van bredie, waar dit gebruik is om te verwys na ‘n gereg wat slegs uit groente bestaan, is reeds in 1831 opgeteken (Silva 1996). Ook by Pannevis (1880) het bredie die bet. ‘groen moes van verskillende plante berei’. Eerste optekening in Afr. in die huidige bet. by Mansvelt (1884) in die vorm bredi.
Vanuit Afr. in S.A.Eng. (1891).

frikkadel 
s.nw. Ook frikkedel.
Gemaalde vleis, gewoonlik met brood gemeng, wat in bolle gerol en gebak word.
Uit Ndl. frikadelfricadel (1646). Eerste optekening in Afr. by Mansvelt (1884) in die afleiding frikkadelletjies ‘klein ballen van gehakt vleesch’.
Ndl. frikadel uit Fr. fricadelle uit Provensaals fricadel, wat teruggaan op Gallo-Romaans *frigicare, intensief van Latyn frigere ‘rooster’.
Vanuit Afr. in S.A.Eng. (1870).

souskluitjies 
s.nw.
Kluitjies van rys of meel wat in water gaargekook en met botter, suiker en kaneel bedien word.
Samestelling van sous en kluitjies.
Vanuit Afr. in S.A.Eng. (1934). Nederlands: sauskluitjes 

koeksister 
s.nw. Ook koeksuster en koesister, soms koeksiester en koesiester en, verouderd, koesester en kosiester.
Bros lekkerny bestaande uit gevlegte repe koekdeeg wat eers in vet of olie gebak en daarna warm in ‘n koue, soet stroop gedompel word.
Wsk. ‘n samestelling van koek en sister, met lg. vervorm uit sisser ‘iets wat in kokende olie sis’. Volgens Boshoff – Nienaber (1967: 359) sou sister ook vervorm kon wees uit suster. Dit sou dan verband hou met koekies wat in Ndl. in die vorm van poppies gebak en onderskeidelik koekbroers en koekzusters genoem word.
Vanuit Afr. in S.A.Eng. in die vorme koesisters (1891) en Koek Sisters (1930).

Renate Coetzee skryf in Spys en drank: Die oorsprong van die Afrikaanse eetkultuur dat spesiale geleenthede eeue gelede reeds sekere disse op die spyskaart gehad het. Hoenderpastei en heel speenvarke was gewild vir huweliksonthale, geelrys met rosyne is by begrafnisse bedien – vandaar die naam begrafnisrys – en piekniekkos soos gerookte ham, koue skaapboud en broodrolletjies was gewild vir Nuwejaarsdag.

In Cass Abrahams se boek The Culture & Cuisine of the Cape Malays (Metz Press, 1995) het sy ook hoofstukke gewy aan sekere groot geleenthede. ’n Doopmaal het byvoorbeeld skaapboud, sousboontjies, masala-hoender en melktert op die spyskaart. Vir ’n verlowingspartytjie sal daar Hertzogkoekies en koesisters (nie gevleg nie, maar bolletjies deeg wat gebraai word, in suikerstroop en dan in klapper gedoop word) bedien word. Vir ’n huweliksonthaal sal daar hoenderpastei, denningvleis, bobotie en koekstruif (trifle) bedien word.

So waar jy ookal hierdie Desember afpak, en watookal op jou tafel is, weet dat ons kosgeskiedenis, soos ons taalgeskiedenis, ouer as ’n honderd jaar is en invloede van oral gekry het.