fbpx

GEBEURE

Wees deel van al die lekker wat ons beplan en bespreek jou kaartjies nou.

GEBEURE

Wees deel van al die lekker wat ons beplan en bespreek jou kaartjies nou.

8 MEI 2025

09:00 tot 11:00

VENUE

Kasteel van Goeie Hoop, Kasteelstraat, Kaapstad

 

KAARTJIE

Gratis, maar kaartjies bespreek word.

AFRIKAANS 100 OPENINGSEREMONIE
Afrikaans het sy eerste tree in die Bo-Kaap gegee en dit is net gepas dat die openingseremonie daar sal plaasvind. Dit gaan ’n feestelike geleentheid wees met Afrikaans, ons mooiste taal, as eregas en met verskeie bekendes en kenners wat saam die spreekwoordelike lint gaan knip.

8 MEI 2025

12:00 tot 13:00

VENUE

Op die hoek van Waal- en Pentzstraat, Bo-Kaap

KAARTJIE

Gratis, maar kaartjies bespreek word.

Almal is welkom.

AFRIKAANS 100 ONTHULLING VAN MUURSKILDERY
’n Ikoniese muurskildery word in die Bo-Kaap geskilder om Afrikaans se eeufees as amptelike taal te vier en ’n simboliese uitbeelding van die reis van Afrikaans na te laat. Hierdie opdragwerk deur ’n talentvolle jong kunstenaar sal toeskouers deur middel van QR-kodes na opvoedkundige platforms lei en die komvandaan storie van ons taal laat voortleef.

8 MEI 2025

13:00 tot 15:00

VENUE

Cultural Hub, 26 Pentzstraat, Schotschekloof, Bo-Kaap, Kaapstad

KAARTJIE

R280 per persoon.

Geskik vir die hele gesin.

8 MEI 2025

17:30 tot 20:30 

VENUE

Afrikaanse Taalmonument, Gabbema Doordriftsraat, Paarl

KAARTJIE

R380 per persoon.

Slegs vir volwassenes.

9 MEI 2025

14:00 tot 16:00

VENUE

Karl Schiefer-saal, Moraviastraat, Genadendal

KAARTJIE

R250 per persoon.

AFRIKAANS 100 LANGTAFELS VIR AFRIKAANS
Verskeie langtafels sal by aangesit word, kom trek jou stoel nader en geniet ’n fees van Kaap-Maleisiese kos gekook deur mense wat weet hoe om kardomyn, borrie en masala te meng dat dit op jou tong dans. Ook op die spyskaart is kos uit verskillende streke in die omgewing wat feesgangers gaan laat smul.

8 MEI 2025

16:00 tot 17:00

VENUE

Afrikaanse Taalmonument, Gabbema Doordriftstraat, Paarl

KAARTJIE

Gratis, maar kaartjies bespreek word.

Slegs vir volwassenes,

9 MEI 2025

10:30 tot 12:30

VENUE

Moravia- en Kerkstraat, Genadendal

KAARTJIE

Gratis, maar kaartjies moet bespreek word.

Slegs vir volwassenes.

23 MEI 2025

10:00 tot 13:00

VENUE

Kroonsaal, Fort Schanskop

KAARTJIE

Gratis, maar kaartjies moet bespreek word.

Slegs vir volwassenes.

AFRIKAANS 100 GEDENKLESINGS
Gedenklesings om hierdie mylpaal in Afrikaans se geskiedenis te vier en erkenning aan Afrikaans te gee word in die Weskaap en Gauteng aangebied.  Ons taaljuwele in die reis van Afrikaans, naamlik die Bo-Kaap, Genadendal, Paarl en Pretoria sal elk ’n noemenswaardige rol speel. Afrikaans het sy eerste tree in die Bo-Kaap gegee en dit is dus gepas dat die openingseremonie daar sal plaasvind met gedenkslesings wat in Genadendal, Paarl en Pretoria sal wees. Genadendal, sowat 135 km van Kaapstad, is ’n belangrike baken in die geskiedenis van Afrikaans. Dit is die tuiste van die eerste sendingstasie, die eerste Afrikaanse opleidingsentrum vir onderwysers was daar en De Bode van Genadendal (1859) was die eerste Afrikaanse koerant daar gedruk. Om hierdie geskiedkundige gebeure te herdenk, is daar ’n spesiale gedenklesing en huldeblyk oor en aan Afrikaans by Genadendal. Die Paarl het self diep spore in die taal getrap met onder meer die Eerste Afrikaanse Taalkongres wat in 1896 daar gehou is. Pretoria is ’n belangrike baken in Afrikaans. Dit is op 16 November 1855 gestig en die Universiteit van Suid-Afrika (1873) en die Universiteit van Pretoria (1908) is vandag steeds gerekende akademiese instellings.

Die gedenklesing in Pretoria sal deur Dr. Lindi Koorts behartig word. Dr. Koorts is ’n historikus en biograaf van Johannesburg.

8 MEI 2025

18:30 vir 19:00

VENUE

Kronenburg Langdoed, Malmesburyweg, Paarl

KAARTJIE

R850 per persoon.

20 tafels met 10 persone elk.

Slegs vir volwassenes.

22 MEI 2025

18:30 vir 19:00

VENUE

Pretoria Buiteklub, Waterkloof

KAARTJIE

R850 per persoon.

20 tafels met 10 persone elk.

Slegs vir volwassenes.

AFRIKAANS 100 FEESDINEES
’n Glansdinee wat ’n fynproewers-driegangmaaltyd insluit op een van die mooiste wynlandgoede in Paarl en by die Pretoria Country Club in Waterkloof. Met seremonimeesters Lizz Meiring en Christo Davids.

10 MEI 2025

19:30

VENUE

Hoërskool Durbanville Ouditorium, Langenhovenstraat, Durbanville

KAARTJIE

Goue sirkel-kaartjies: R265

Ander: R200

Geskik vir die hele gesin.

11 MEI 2025

15h00

VENUE

Hoërskool Durbanville Ouditorium, Langenhovenstraat, Durbanville

KAARTJIE

Goue sirkel-kaartjies: R265

Ander: R200

Geskik vir die hele gesin.

28 MEI 2025

19:30

VENUE

Atterbury Teater, Daventrystraat 4, Lynnwood Manor, Pretoria

KAARTJIE

Goue sirkel-kaartjies: R265

Ander: R200

Geskik vir die hele gesin.

29 MEI 2025

19:30

VENUE

Atterbury Teater, Daventrystraat 4, Lynnwood Manor, Pretoria

KAARTJIE

Goue sirkel-kaartjies: R265

Ander: R200

Geskik vir die hele gesin.

AFRIKAANS 100 | UIT DIE MOND
Uit die mond is ’n musikale viering van die Afrikaanse taal uit elke mond wat dit praat. ’n Taal, net soos ’n mens, gaan deur baie gedaanteverwisselinge. Ons word gebore, ons groei, ons vra. Ons praat, ons sing. Afrikaans is ’n geskenk aan elkeen wat daarin leer, liefhê en leef. Van Afrikaanse musiek se grootste stemme, begelei deur ’n orkes, neem ons op ’n reis deur die geskiedenis van Afrikaanse musiek in al sy vorme, invloede en skoonheid.

Met Amanda Strydom, Coenie de Villiers, Emo Adams, Frazer Barry, Lynelle Kenned en Nicole Holm
Teks en regie: Bianca Flanders
Musiekregisseur: Melissa van der Spuy
Vervaardiger: Afrikaans 100

10 MEI 2025

19:30

VENUE

Toringkerk, h/v Hoof- en Van der Lingenstraat, Paarl

KAARTJIE

R165 per kaartjie.

Geskik vir die hele gesin.

25 MEI 2025

15:00

VENUE

Musaion, Universiteit van Pretoria-kampus

KAARTJIE

R165 per kaartjie.

Geskik vir die hele gesin.

KUNS VAN DIE AFRIKAANSE KUNSLIED
Aangebied deur Afrikaans 100 en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Afrikaanse kunslied kom al langer as ’n eeu en is geskep deur Suid-Afrikaanse komponiste deur sensitiewe bewuswording en voortdurende vernuwing en innovasie. Die bestaan van die Afrikaanse kunslied is iets om te vier, in ag genome dat die kunslied as dié klassiekemusiekgenre beskou word wat uitdrukking aan die essensie van menslike emosie en geestesbestaan gee. Gehoorlede kan uitsien na ou bekendes soos “Op my ou ramkietjie”, “Mali die slaaf se lied” en “Heimwee”, asook kontemporêre kunsliedere en liedsiklusse van eietydse komponiste.

Met Jo-Nette LeKay (sopraan), Linette van der Merwe (mezzosopraan), Chris Mostert (tenoor), Niël Rademan (bariton) en Susan Steenkamp-Swanepoel (pianis)

Samesteller: Linette van der Merwe

10 MEI 2025

10:00 tot 22:00

VENUE

Afrikaanse Taalmonument, Paarl

KAARTJIE

R50 vir volwassenes.

R20 vir kinders onder 12.

Kinders onder 3 gratis.

10 MEI 2025

10:00 tot 22:00

VENUE

Cultural Hub, 26 Pentzstraat, Schotschekloof, Bo-Kaap, Kaapstad

KAARTJIE

R50 vir volwassenes.

R20 vir kinders onder 12.

Kinders onder 3 gratis.

10 MEI 2025

11:00 tot 18:00

VENUE

Genadendal-museum, Moraviastraat, Genadendal

KAARTJIE

Bywoning is gratis.

24 MEI 2025

10:00 tot 22:00

VENUE

Botaniese Tuin, Pretoria

KAARTJIE

R50 vir volwassenes.

R20 vir kinders onder 12.

Kinders onder 3 gratis.

AFRIKAANS 100 MAKIETIES
Is jy lus vir liplek-lekkerte? Die Afrikaans 100 Makieties – wat in die Bo-Kaap, Paarl, Genadendal en Pretoria gehou word – gaan jou smaakkliere laat baljaar. Van geurige Kaap-Maleise geregte soos bobotie en koesisters, tot watertand boerekos soos potjiekos en malvapoeding. Maak gereed vir spogwyn en disse soos net Suid-Afrikaners dit kan maak. Onthou, bring daai hongerkol op jou maag saam! Dit is ’n fees vir almal met musiek, kindervermaak en stalletjies met snuitserye.

9 MEI 2025

10:00 tot 22:00

VENUE

Genadendal-museum, Moraviastraat, Genadendal

KAARTJIE

Gratis, maar kaartjies bespreek word.

Almal is welkom.

AFRIKAANS 100 AANDMARK
’n Aandmark vir die hele gesin onder die reusebome van die werf by die Genadendal-museum. Met spys en drank, kuns en allerlei, is hierdie ’n geleentheid om die hart van die historiese dorp te leer ken.

9 MEI 2025

09:00 tot 15:00

VENUE

Taaltoere in die Bo-Kaap

KAARTJIE

Kaartjies en bespreking by die Bo-Kaap Cultural Hub

9 MEI 2025

09:00 tot 15:00

VENUE

Taaltoere in Paarl

KAARTJIE

Kaartjies en besprekings by die Afrikaanse Taalmonument

10 MEI 2025

9:00 tot 11:00

VENUE

Taaltoere in Genadendal

KAARTJIE

Kaartjies en bespreking by die Genadendalmuseum

22 MEI 2025

9:00 tot 15:00

VENUE

Taaltoere in Pretoria

KAARTJIE

Kaartjies en bespreking by die Voortrekkermuseum

23 MEI 2025

9:00 tot 15:00

VENUE

Taaltoere in Pretoria

KAARTJIE

Kaartjies en bespreking by die Voortrekkermuseum

ProGRAM

8 Mei 2025

09:00

Openingseremonie

120 min

Kasteel van Goeiehoop

Kaapstad

12:00

Onthulling van muurskildery
600 min
Hoek van Waal- en Pentzstraat
Bo-Kaap
13:00
Langtafel vir Afrikaans
120 min
Bo-Kaap Cultural Hub
Bo-Kaap
16:00
Gedenkslesing
60 min
Afrikaanse Taalmonument en -museum
Paarl
17:30
Langtafel vir Afrikaans
90 min
Afrikaanse Taalmonument en -museum
Paarl
18:30
Feesdinee
tot 22:30
Kronenburg Landgoed
Paarl

9 Mei 2025

09:00
Taaltoere en slaweroete
tot 15:00
Bo-Kaap Cultural Hub
Bo-Kaap
09:00
Taaltoere
tot 15:00
Afrikaanse Taalmonument en -museum

Paarl

10:30
Gedenklesing
60 min
Morawiese Kerk
Genadendal
14:00
Langtafel vir Afrikaans
90 min
Karl Schiefer-saal
Genadendal
18:00
Aandmark
tot 21:00
Genadendal-museum
Genadendal
19:30
Kuns van die Afrikaanse kunslied
120 min
Toringkerk
Paarl

10 Mei 2025

09:00
Taaltoere
tot 11:00
Genadendal-museum
Genadendal
10:00
Makietie
tot 22:00
Afrikaanse Taalmonument en -museum
Paarl
10:00
Makietie
tot 18:00
Genadendal-museum (Historiese Werf)
Genadendal

11:30

Makietie
tot 22:00
Bo-Kaap Cultural Hub
Bo-Kaap
17:30
Uit die mond
120 min
Hoërskool Durbanville Ouditorium
Durbanville

11 Mei 2025

15:00
Uit die mond
120 min
Hoërskool Durbanville Ouditorium
Durbanville

22 Mei 2025

09:00
Taaltoere
tot 15:00
Voortrekkermonument
Pretoria
18:30
Feesdinee
tot 22:30
Pretoria Country Club
Pretoria

23 Mei 2025

10:00
Gedenklesing
60 min
Fort Schanskop
Pretoria

24 Mei 2025

10:00
Makietie
tot 22:00
Botaniese Tuine
Pretoria

25 Mei 2025

15:00
Kuns van die Afrikaanse kunslied
120 min
Musaion, Universiteit van Pretoria
Pretoria

28 Mei 2025

19:30
Uit die mond
120 min
Atterbury-teater
Pretoria

29 Mei 2025

19:30
Uit die mond
120 min
Atterbury-teater
Pretoria

Kontak ons

Vir navrae of net om te gesels, kontak ons gerus.