Bepalings en Voorwaardes
- Die “Gourikwa”-kompetisie begin op 1 November 2024 om 00:01 en eindig op 31 Desember 2024 om 23:59.
- Om in aanmerking te kom vir ʼn prys moet deelnemers in die vorm van teks verduidelik hoe hulle Afrikaans gaan vier op 8 Mei 2025 by https://afrikaans100.org/griekwa-kompetisie-blad/.
- Slegs teks sal aanvaar word.
- Geen inskrywings wat politiek van aard is, sal aanvaar word nie.
- Deur vir die kompetisie in te skryf, aanvaar jy dat Afrikaans 100 enige teks op ons sosiale platforms mag gebruik, selfs al is jy nie ʼn wenner nie.
- Afrikaans 100 sal die wenners telefonies en per e-pos in kennis stel van hulle prys.
- Die wenners sal aangekondig word op Afrikaans 100 se Facebook- en Instagram-blaaie.
- Die wenners sal lukraak gekies word.
- Deelnemers moet ouer as 18 jaar oud wees.
- Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
- Indien jy nie van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jou inskrywing nie as ʼn wenner getrek is nie.
- Die prys(e) kan nie vir kontant geruil word nie.
- Die pryse sal per e-pos aan die onderskeie wenners gestuur word.
- Deelnemers moet in Suid-Afrika woon.
- Wenners moet self die bespreking reël vir verblyf.
- Wenners se vervoer na en van die bestemming en enige ander uitgawes wat jy aangaan is nie by die prys ingesluit nie.
- Wenners is verantwoordelik om vir hul eie reiskostes betaal.
- Afrikaans 100 en Gourikwa Reserve kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige skade of verlies wat jy mag ly wanneer jy van die akkommodasieprys gebruik maak nie.