fbpx
Slide 1
Image is not available
AFRIKAANS VIER 100 JAAR AS AMPTELIKE TAAL

Ons praat en skryf Afrikaans al vir baie langer, maar op 8 Mei 2025 vier Afrikaans honderd jaar as amptelike taal.

Afrikaans is die som van al sy variëteite. Afrikaans behoort aan almal wat dit praat. Afrikaans is ons!

Slide 1
Image is not available
Wen ’n deel van R100 000 vir jou skool

Van 1 Mei tot 15 September 2025 kan skole vir die Afrikaans 100 Skolekompetisie inskryf. Hierdie kreatiewe projek moedig skole aan om Afrikaans op innoverende en betekenisvolle maniere te vier.

Slide 1
Image is not available
AFRIKAANS IS ONS ALMAL S'N

Jou Afrikaans klink dalk nie soos my Afrikaans nie, maar een ding is verseker: Afrikaans behoort aan almal wat dit praat.

Slide 1
Image is not available
AFRIKAANS KOM VAN VER

"Uit die buik van Afrika kom sy. Uit die monde van slawe, Europeërs en inheemse mense."
-Dr. Diana Ferrus

Lees meer oor die tydlyn van Afrikaans.

previous arrowprevious arrow
next arrownext arrow

AFRIKAANS IS ONS

Ons praat en skryf Afrikaans al vir honderde jare, maar op 8 Mei 2025 vier ons ons 100ste verjaarsdag as amptelike taal. Dié veldtog, onder leiding van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), word deur ’n wye en verteenwoordigende groep Afrikaanse organisasies ondersteun.

Afrikaans is ons almal s’n! Óns gryp die kans aan om saam met Afrikaans die toekoms tegemoet te gaan, en bied jóú allerlei maniere waarop jy saam kan vier. Buiten ’n rits inisiatiewe, projekte en kompetisies waarby jy betrokke kan raak of aan kan deelneem, vind daar twee feeste plaas in Mei: een in die Wes-Kaap en een in Gauteng.

Waarvoor wag jy? Word deel van Afrikaans Amptelik 100 se projekte en feesvieringe. Almal is genooi!

feesmark / makietie

Kom makietie saam in Paarl op 25 Oktober 2025!

Kontak ons

Vir navrae of net om te gesels, kontak ons gerus.